Wednesday, March 11, 2009

Waarheid en Leuen


die aarde
draai regtig as iemand 'n leuen maak van jou wereld

nie dadelik nie
maar met tyd

soos 'n inkdruppel water kleur
sak dit in met tyd.

... en jou waarheid word 'n leuen

jou hart word 'n steen
jou oë leeg
oor een daad gepleeg

jou kop word lig
en swart word jou sig

die mes word uit jou hart gewikkel
asemhaling word 'n gesukkel
... en so besef jy weer

alles maak net seer

en die aarde
draai regtig as iemand 'n leuen maak van jou waarheid

No comments: