Showing posts with label secret admirer. Show all posts
Showing posts with label secret admirer. Show all posts

Friday, January 30, 2009

As hy homself verloor



die donker het sy naam gesteel
hom laat vergeet van more
en hom vreesbevange
laat rondtas in gister

Monday, January 19, 2009

Soen my


Soen my met my slaapspookasem
En jou sluimerspoeg
Verlei my met jou lenige luigelêde lyf
Vry my met jou murgbelaaide pype
Hou my vas en hou my styf

Sien jy my slaapgesusde oë en my droomgevulde mond?
My palm op jou rug se naat, jou kuit teen my sool se voet?
Kyk my moeggesluimerde arms, my rusgekreukelde skouers
Voel my gaapgeplooide, oggendgloeiende goed

Plooitjies papille pupille spleetjies
Holtetjies bultjies rondinkies
Hobbeltjies halfmaantjies knobbeltjies
Groefies skaniertjies skroefies maniertjies
Buigies en voutjies grepies strepies
Haartjies en aartjies en oksels en kuiltjies
En are en lyne en kontoere en gladdes en skewes en soepel en sag
En warm en lenig en… en…. En…. En…
En…

Vers vir Jou


ek bou vir jou ‘n huisie
van sandsteen son en skalie
ek plant vir jou ‘n wilgerboom
wat wolffluitlange skadu’s maak
ek dors vir jou ‘n riviertjie uit die aarde
waarin paddas moederlik grom
ek plaas vir jou ‘n paar vet kuikens
en cuddlesome katjies op die werf
ek brei ‘n voetmatjie om te lê
voor die riempiestoel wat ek vir jou gevleg het
ek vra die wolke
om die blou lug plek-plek melkwit af te werk
ek gooi die damme vol water
sodat ons kinderlik kaal daarin kan baljaar
ek versamel stronke vir jou stofie
sodat ons koffiewater lekker warm kan stoom
ek brei vir jou ‘n matrasveerbedjie
waarop ons nagtelank bymekaar kan doeks
ek sit sterk vensters in die mure
om tokkelossie buite te laat bly

dit alles doen ek net vir jou
omdat ek vreeslik baie van jou hou

Verlange na Iemand Onbekend..


Volg my treurlied oor die see
antwoord my roepstem
wanneer ek in eensaamheid
na jou smag en jou gesig wil sien

deur diepe waters van depressie
het ons gespartel
om dit te ontdek en te bewaar wat
ons s’n is
waarop ons beslag lê in ons drome
en vir ewig onder ons kussings bewaar

in my swaar gemoed draal ’n eensame siel
en in verdriet en pyn is daar net ’n paar
sake wat vir my sin maak en my vertroos
God is naby en jy is ver
ek smag daarna om net weer jou stem te hoor
fluister in my oor en vertel vir my dat alles
pluis is, want woorde van swaarkry en verdriet
is te algemeen en te wyd versprei oor onse
lewens

stuur vir my ’n spierwit duif oor die see
met ’n boodskappie toegedraai in ’n lint
hy sal veilig land en die roofdiere sal hom
nie verslind
ek stuur my liefde oor die see
en van jou kom…

…geen respons

Wednesday, January 7, 2009

For you this summer night - 7 Jan 2009


This summer night is like a perfection of thought....

Thursday, December 25, 2008

Deurmekaar


Ek kom op liedjie af in die middel van Desember vakansie 2008.
My kop raas, alles skommel asof ek besig is om 'n milkshake te maak van gedagtes so kaal..
Ek dink..........ek is deurmekaar.... ek wil jou voel........ek wil by jou wees.
Ons praat dieselfde taal, ek ken jou naam voor hulle dit kon skreeu van die dakke af.
Jou siel, ek sien dit voor my, ek wil dit aanraak.........ek is deurmekaar...

Ek het geloop sonder om te groet
Ek wil jou bel ek wonder of ek moet
Ek weet jy dink ekt jou verniel
Ek het jou lief met my hart en siel

Ek het geloop sonder om te groet
En clean breaks is tien teen een goed
En ek sit hier op die lang pad
Soos soveel kere vantevoor
En iewers langs die highway het ek my beste pel verloor

Ek ken jou lyf
Ek ken jou taal
Ek ken jou goed
Ek ken jou kaal
Ons het opgestaan
Ons het weer geval
Die herinneringe maak my mal
Die fights verby
Die vuurs geblus
Die storm het bedaar
Als is fine
Ek voel so deurmekaar

Ek het geloop sonder om te groet
Jys nog altyd een wat net praat wanneer hy moet
As ek kon sing en minder se
Sal jy ook beter weet wat ek nodig het.

Jy wonder of hulle jou sal ken so ek destyds.....
die eerste keer toe ek my kry, toe stap jy woordeloos deur my verby......van die dag toe jy daar staan......in die middel van die kamer...........jy het my toe al gehad........by HELLO.
Die herinneringe.....dit maak my mal!
Ek vra jou, bly by my.........