Wednesday, January 7, 2009

Fame vs. Success


Aangename kennis ek is Lorinda Voges, ken jy my?

2008 was ‘n jaar vol aanpassings, groei pyne asook baie uitdagings.
Een van die grootste uitdagings was om die volgende lewensles te leer en te besef dat jy nie jouself in iemand of in enige iets kan verloor nie.
Dis so maklik om verward te raak oor jou identiteit in die industrie wat ek werk.
Dit was ‘n moelike jaar maar ook een van die mees vormste jare wat ek kon beleef.

Ek het geleer mense glo en sien net wat hulle wil. Hulle skets ‘n prentjie in hulle kop van wat reg en verkeerd is sommer om die waarheid eintlik te ken of om hulle self die guns te doen om iemand regtig te leer ken. Ek is baie keer self skuldig aan die slegte kwaliteit.

Ek dink die grootste les wat ek geleer het is dat die sogenaamde bekende mense in die land dood normaal is nes ek en jy. Dit het regtig baie ‘ontmoetings’ met baie bekendes gevat wat vir my die volgende wysheid openbaar het:
Ek gee nie om wie jy is, wat jy doen vir ‘n lewe of wie jy ken nie.
Ek wil by jou weet: Ek wil weet waarmee hou jy jouself besig, wat is jou hartsverlange en of jy die kans sal vat om op die tyd van jou lewe nog jou drome te verwerklik en nie ander mense sin nie?

Kom ons sit die bullshit agter ons en wees eerlik dat met kennismaking of selfs die beeld wat die media en die pers van jou skep, is jou gesig merendeels die beriggaming van wie en wat jy is. Mense kyk daarna en som jou daarvolgens op. Tweedens is dit oor wat jy doen vir ‘n lewe.

Die vermaaklikheids wereld is genadeloos, dit het ek net weer besef. Dit vra jou nie hoe oud jy is, hoe hard jy werk of jy ‘n plek in die limelight verdien nie. Dit gooi jou in die diep kant in en dan moet jy swem of anders verdrink jy.
Ek werk al 5 jaar in die bedryf. Miskien werk ek nie elke dag met egoistiese supersterre nie, maar ek werk met mense wat geld honger is, met dronk varke en seksualiteit elke dag van my lewe.
As ek nie die keuse gemaak het 4 jaar terug om “balls” te kry nie, so ek dalk vandag ook al seker na die bottle gegryp het vir ‘n antwoorde na my soekende vrae na die sin van die lewe.

Ek dink die sterkte wat ek soms binne in my vind het alles te doen met die opvoeding wat ek gehad het. Ek moet bieg. Ek het ‘n baie sterk ma. Sy is ongetwyfeld die sterkste mens wat ek ken.
Sy het kultuur, respek, God en ‘n goeie naam op my afgedwing.
Dis die goed wat my dra as ek voel die besige en soms doellose gejaagd na alles haal my in.
Dit het my geleer om plat op die aarde te bly en altyd ander mense in ag te neem.
Ek is dankbaar vir dit en ek weet ek sal my kinders dieselfde leer eendag (dis nou as ek besluit om te trou)

Ek wonder ook baie. Ek wonder oor of alles wat mens doen in jou beroep regtig die moeite werd is.
Marlyn Monroe het gese: “ A career is wonderful, but you cant curl up with it on a cold night”
Nou sal jy my dalk vra: “ Wat is jou hartsbegeerte Lorinda?”
Moenie nou lag nie: Ek wil net ‘n ma wees. Dis wat my droom was nog altyd.
Maar nou is nie die tyd nie. Ek moet nog eers ‘n pad met myself loop.
En om eerlik te wees, ek het nog nie iemand ontmoet wat ek die titel as “pa-van-my-kinders” wil gee nie.

Kom ons kom terug oor die rede hoekom ek juis besluit het om die lange blog te skryf – ‘fame vs. success”
Egos. Dis ‘n lelik ding.
Mens moet al die sterre se egos altyd streel en kom ek wees eerlik, ek streel niemand nie!
Vir my is jy as ‘n ster, nes ek. ‘n Doodgewone mens!
Meeste van die tyd is dit die sterre met die verskuilde agendas en dan speel hulle victim en blameer die media.
As jy nie in die media se oog wil wees nie, wees dan ‘n doodgewone mens, maar moet hulle nie blameer vir jou problem nie.
Ok, kom ek “pause” gou by die media. Ek verpes sensasie.
Ek verpes oneerlikheid vir die vermaak van ander mense – jy het geen idée nie!
Miskien omdat mense wat in die media al soveel keer ontbloot is vir die verkoop van tydskrifte en koerante sonder om regtig hulle kant van die storie te stel.

2009 gaan ‘n wonderlike jaar wees – dit weet ek.
Ek weet dit want ek weet dat daar goed uit die swaar kom.
Ek weet dat al verstaan ek nie altyd hoekom sekere goed gebeur nie of hoekom as ek iets so graag wil he, dit nie na my pad toe kom nie, ek weet dat daarin ook ‘n lewensles is.
Ek weet dat ten spyte van die beroep waarin ek is, ek myself soms met ander mense moet deel, maar ek nie van myself moet vergeet nie.

So, dis my siening. Wat dink jy?

1 comment:

Roule Riley said...

Hey Lorinda, weet nie of jy my nog kan onthou nie, maar ek onthou jou... ons was eens op n tyd, lank terug, vriendinne gewees...ek het jou blog gelees, en sjoe, jou eerlikheid was treffend. Ek wens dat meer mense die moed kan hê om hulle maskers af te haal en vir die wêreld te wys wie hulle eintlik regtig is...
Wel, ek hoop jy het n Magical 2009!
Lovies,
Roule