Wednesday, November 19, 2008

Spesial vir my pa op sy verjaarsdag


Op 21 November 2008 word my stiefpa 60 jaar oud.
Hy was nog altyd meer 'n pa vir my as my regte pa en baie naby aan my hart.

Die volgende is op hom opgedra:

Toe ek 'n klein dogtertjie was
Het ek geglo in kerse en gras
Feetjies en dwergies wat lag
Aan groen en oranje se vlag

Tog weet ek, ek is nie meer ses
Ek het nou weer groot geword
Agt en twintig op my lewens bord

Ek ken julle in my gebede
Dis waar ek myself kan vind in vrede
Grys het oor Pa se donker hare gekom
Selfs ek het 'n plooi wat my verstom

Maar tog weet ek wat sou ek ooit kon wees
As ek nie Pa gehad het was ek in vrees
Pa is altyd lief vir my
En daarteen sal ek nooit kan stry

Pa en Ma my lewens wysheid het julle my geleer
Om nie altyd te baklei maar om vrede te kies bo seer
Om eendag self 'n ma te wees
En dat mooi dieper le as vlees

Vandag kan ek net dankie se
Vir julle liefde en raad voor my gele
Dankie Pa vir wie jy is
My held so veraltyd beslis

Baie geluk met Pa se 60ste verjaarsdag!
Geniet die dag baie

Al my liefde
Lorinda
xxx

No comments: