Sunday, April 12, 2009

Verloor


Die jy van gister
het ek verloor
in die verandering
van jou hart,
tesame met die
hardheid van myne.

Ek verloor jou nou
juis omdat ek die klip
so hard probeer laat blom,
maar tog die krake
probeer verhoed.

Tussen my en jou
le daar 'n afgrond
waarin verloor dryf
en mekaar probeer vind.

No comments: