Thursday, March 5, 2009
Beteken
BETEKEN - WASSERFALL
Die rots waarin jy geglo het, het gebreek in die nag.
Alleen en onverwags. Met niks om in te glo nie, en niks om voor te val nie, lewe jy 'n storm elke dag.
Moenie dat hulle jou verstaan nie.
Niemand weet dis wat jou laat bestaan nie.
Wat is die reen, wat is die nag?
Wat is die rede vir jou lag?
Wat het jy beteken vandag?
As alles om jou koud word.
As alles om jou breek.
Moet nooit jouself vergeet.
In die stilte van jou hart is 'n storm wat nog woed.
In die donker kry jy moed.
Moenie dat hulle jou ooit breek nie.
Die wind bedaar en niemand hoef te weet nie.
En jy's maar net 'n druppel in 'n baie groot rivier. Jy's maar net die rede vir my binneste se vuur
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment