soms is dit so moeilik
om alles vir jouself te hou
jy voel jy wil dit deel met iemand
‘n persoon wie jy kan vertrou
die eerste een aan wie jy dink
is dan ook gewoonlik hy
maar hoe kan jy hom dan vertel
die drome is oor hy en jy
jy hou maar jou drome vir jouself
al word jou gedagtes ‘n warboel
jy kyk die lewe in die oë
en gee voor dat jy niks voel
jy hoor van hom byna elke dag
en bly steeds vriendelik met hom
jy gee voor hy’s net nog ‘n vriend
dis net jy wat weet jou hart is vermom
en saans as jy alleen is
en die verlange word te erg
weet jy mens kan selfs jou grootste smart
agter die skyn van vriendskap verberg
No comments:
Post a Comment